On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Hier is die weeklikse veilingspryse vir lewende hawe

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:27 Thu, 21 Nov 2019

Hier is die weeklikse veilingspryse vir lewende hawe  | News Article

‘n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf weekliks veilingspryse aan OFM wat vir lewende hawe op veilings behaal is.


Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Dié inligting is handig en boere kan dit gebruik om ‘n aanduiding te kry van die prys wat diere kan behaal en ook wat kopers bereid is om te betaal. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik.

Hier is Derksen...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê dit is nou krities belangrik vir alle betrokkenes, maar ook voerkrale, om buitelandse uitvoerkontrakte te behou met nog ‘n geval van bek-en-klouseer in Limpopo. Volgens Derksen is die prys van speenkalwers onder druk weens dié onlangse uitbreking, en dit is te verstane met ‘n groot deel van die land wat nou uit die mark is.


Dit was Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf, wat die veilingpryse van lewende hawe verskaf het. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus






Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.