On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agri Hour

Hier is die weeklikse veilingspryse vir lewende hawe

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:29 Thu, 28 Nov 2019

Hier is die weeklikse veilingspryse vir lewende hawe  | News Article

‘n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf weekliks veilingspryse aan OFM wat vir lewende hawe op veilings behaal is.


Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Dié inligting is handig en boere kan dit gebruik om ‘n aanduiding te kry van die prys wat diere kan behaal en ook wat kopers bereid is om te betaal. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik.

Hier is Derksen...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê die onsekere wolk in die rooivleisbedryf weens die uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo het 'n impak op individuele boere se kontantvloei weens veilings wat in Limpopo, Gauteng, Mpumalanga en Noordwes tydelik gestaak is. Daarmee saam sê hy dit is noodsaaklik dat die voerkraalbedryf in Suid-Afrika sy uitvoerstatus behou, want as dié land dié status verloor, gaan dit katastrofiese gevolge vir die prys van lewende hawe inhou. Daarom moet alle betrokkenes in dié bedryf nou saamwerk om  bek-en-klouseer se verspreiding te beperk. Derksen sê daar was vandeesweek skommelings in die veilingsmark, maar die skaapmark het dit oorleef.

Dit was Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf, wat die veilingspryse van lewende hawe verskaf het. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.