On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

AfriForum: Sisulu se meesterplan vir water is welkom, maar daar is kommeraspekte

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:19 Tue, 03 Dec 2019

AfriForum: Sisulu se meesterplan vir water is welkom, maar daar is kommeraspekte   | News Article
FOTO: Verskaf

Wanbestuur, wat 'n reuse-probleem in die Departement van Behuising, Water en Sanitasie is, moet eers aangepak en opgelos word alvorens die nasionale meesterplan vir water suksesvol uitgerol kan word.


Dit is volgens Lambert de Klerk, bestuurder van omgewingsake by AfriForum, wat meen Minister Lindiwe Sisulu moet eers 'n kultuur van aanspreeklik in die departement kweek. Hy sê Sisulu het wel aangekondig dat daar herstrukturering binne die departement gaan plaasvind en dit is verblydend, maar daar is steeds kommer dat dit nie op grond van meriete gaan geskied nie. Moontlike korrupte amptenare kan moontlik steeds aan die stuur van sake wees.  

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met De Klerk gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


“Die meesterplan gaan volgens Sisulu sowat R900 miljard kos. Die jongste verslag van die ouditeur-generaal dui egter aan dat die departement sowat R1,7 miljard verloor het as gevolg van onreëlmatige en verkwiste uitgawes aan waterinfrastruktuurprojekte.” Hy sê verder die departement versuim hul plig om waterinfrastruktuur in stand te hou en takel voorts ook nie probleme soos waterlekkasies en -besoedeling nie. Dit lei tot grootskaalse watervermorsing.

De Klerk sê as die departement water werklik as ’n kritiese hulpbron beskou, moet daar ernstig en daadwerklik teen munisipaliteite opgetree word wat dié hulpbron in gedrang plaas. Daar moet op meer praktiese aspekte gefokus word, sê hy.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.