On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Hier is die weeklikse veilingspryse vir lewende hawe

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:31 Thu, 05 Dec 2019

Hier is die weeklikse veilingspryse vir lewende hawe  | News Article

‘n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf nie vanoggend soos oudergewoonte die weekliks veilingspryse, wat vir lewende hawe op veilings behaal is, nie.


Derksen versprei dié inligting weekliks sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Derksen kan nie die verslag vir 3 Desember verskaf nie, want daar was nie veilings nie weens die onlangse uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo nie. Hy sê dié uitbreking het die rooivleisbedryf in chaos gedompel deurdat alle veilings in die noordelike provinsies, wat nou ook die Vrystaat insluit, streng beperk word.

Hy sê as ‘n boer vee wil verkoop, moet dit van 'n stabiele kudde afkomstig wees. Dit moet nie beeste wees wat bekom is vir spekulatiewe doeleindes nie, omdat die inkubasie tydperk vir bek-en-klouseer drie weke is. ‘n Veearts moet ook die kudde inspekteer waarna dit op ‘n geslote vragmotor na ‘n voerkraal of abbatoir vervoer kan word. Dit gaan ‘n groot impak op alle pryse van vee hê, sê Derksen.

Hier is Derksen...


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf, wat die veilingpryse van lewende hawe verskaf het. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za. Intussen het die Dieregesondheidsforum en die Rooivleisprodusente organisasie in Noordwes gister dringend vergader met die Departement van Landbou en die Direktoraat van Dieregesondheid in Noordwes. Boeta du Toit, algehele bestuurder van Agri Noorwes, sê die aanbied van veilings is tydelik verbied, terwyl daar spesifieke vereistes gestel word vir die vervoer van lewende hawe. Die voorgeskrewe proses en dokumentasie in dié verband sal binnekort beskikbaar gestel word.


OFM-nuus





Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.