On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Sekere Bultfontein-saaiboere wag angstig op goeie reën in aanloop tot planttyd

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:42 Thu, 05 Dec 2019

Sekere Bultfontein-saaiboere wag angstig op goeie reën in aanloop tot planttyd | News Article

Die eerste reën sover dié seisoen het in die Bultfontein-distrik hoop aan boere gebring wat voorbereidings tref om somergewasse aan te plant.


Hoewel dit kol-kol gereën het en die reënmeters nie vol is nie, is Anton Botha, ‘n saaiboer van dié distrik, hoopvol vir nóg reën vandeesweek en die komende week. Hy glo ook daar is ‘n goeie seisoen wat voorlê. Botha het Dinsdag 6mm reën op sy plaas gemeet en sê boere in dié distrik wag nou in spanning op meer reën. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Botha gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Dit is droog en boere kan nie plant nie. Daar is boere wat ook nie kan begin met die voorbereiding van hul landerye om mielies aan te plant nie, omdat dit té duur en riskant is. “ Dit is uitdagend in die stadium,ons voel ons het nog tyd aan ons kant.” Die week se voorspellings op reën is belowend en boere glo hulle sal spoedig met aanplantings kan begin.    

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.