On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri SA hou regering se strategie vir watersekerheid fyn dop

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:20 Fri, 06 Dec 2019

Agri SA hou regering se strategie vir watersekerheid fyn dop | News Article
FOTO: Graan SA (GSA)

Agri SA gaan die implementering deur die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling se meesterplan vir water en sanitasie fyn dophou.


Minister Lindiwe Sisulu het dié plan, ‘n lang verwagte dokument wat die regerings se kort-, medium- en langtermyn strategie bevat om watersekerheid vir alle Suid-Afrikaners te beskerm, onlangs bekendgestel. Agri SA se hoof van natuurlike hulpbronne by sy Sentrum van Uitnemendheid, sê die departement se vordering gaan deur die belanghebbendes gemonitor word, maar daar is goeie bestaande samewerking tussen dié organisasie en die department.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Janse gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Volgens Janse het Agri SA ‘n oopkanaal na Sisulu om onder meer die kwessies waarmee daar nie saamgestem word nie, veral met betrekking tot dié meesterplan, met haar te bespreek. Dit is die ideale geleentheid om die inhoud van dié plan waarmee Agri SA nie tevrede is nie, onder Sisulu se aandag te bring. Janse sê daar sal na verwagting voor die einde van die jaar met Sisulu vergader word.  

Hy verwys ook na die ontsouting van seewater wat nie baie duidelik in die regering se meesterplan vervat word nie, omrede dit tegnologies duur is en die verantwoordelikheid vir ontsoutingsaanlegte, veral by stede in kusgebiede, is munisipaliteite se verantwoordelikheid. Daarom word dit vinnig opsygeskuif.

Volgens hom is dit ook verblydend dat die regering die doeltreffendheid van bestaande bronne, wat 'n goedkoper wyse is vir die beskikbaarstelling van water, in dié meesterplan aanspreek.


`OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.