On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Bek-en-klouseer: Besmette beeste in Limpopo in voerkrale gehou

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:46 Mon, 09 Dec 2019

Bek-en-klouseer: Besmette beeste in Limpopo in voerkrale gehou | News Article

Die onlangse bek-en-klouseer uitbreking onder beeskuddes in Limpopo kom in die stadium op 11 kommersiële plase voor.


Sowat 14 000 beeste word geraak. Dr. Pieter Vervoort, besturende direkteur van die Nasionale Dieregesondheidsforum, sê die probleem is egter nie so groot nie, want al die besmette beeste word in voerkrale aangehou. Daar is ook geen diere wat positief getoets het vir die siekte in kommuniale gebiede nie. Hy sê dié besmette diere sal later beheerd geslag word vir normale gebruik in die waardeketting.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Vervoort sê al die besmette diere gaan geslag word omdat bek-en-klouseer slegs spleethoewige diere aantas en daarom is dit dus  veilig om dié diere met betrekking tot handel te gebruik.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.