On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agri Hour

Beefmaster-groep: Handel met gesonde diere is reeds protokol in SA

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:58 Thu, 12 Dec 2019

Beefmaster-groep: Handel met gesonde diere is reeds protokol in SA | News Article

Die protokol wat die handel van gesonde diere betref is reeds in plek. Dit behels ook bestaande protokol oor die brandmerk van diere waarmee handel gedryf word.


Só meen Roelie van Reenen, hoof van die Beefmaster-groep se verskaffingsketting, nadat ‘n tydelike verbod daarop geplaas is om spleethoewige diere van verskillende gebiede byeen te bring. Van Reenen meen dié vereistes is alreeds in plek en dit word nou meer beklemtoon ná die bek-en-klouseer-uitbreking.

 OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Hy meen die feit dat spleethoewige diere wat nie van een bron afkomstig is nie, nié by veilingspunte of vir spekulatiewe doeleindes byeengebring mag word nie, beteken nie daar kan nie met diere handel gedryf word nie. Die kwessie oor veilingspunte bemoeilik die situasie ietwat, maar dit is ‘n struikelblok wat oorkom kan word.  

Dit was Roelie van Reenen, hoof van die Beefmaster-groep se verskaffingsketting slegs op Before Dawn. Skakel Vrydagoggend in wanneer Van Reenen verder praat oor die rooivleisbedryf in 2020.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.