On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Dringende hofaansoek hopelik vandeesweek nog voor Hooggeregshof

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:02 Thu, 12 Dec 2019

Dringende hofaansoek hopelik vandeesweek nog voor Hooggeregshof | News Article

Die Nasionale Jag- en Skietvereniging (NHSA) beoog om voor die einde van die week ‘n dringende aansoek by die Noord-Gautengse Hooggeregshof in te dien.


Dit is in ‘n poging om die vuurwapenamnestie wat vandeesmaand in werking getree het en tot volgende jaar duur, ter syde te stel. 

Dr. Herman Els, uitvoerende voorsitter van die NHSA, sê die onwettigheid van die deurvoer van die amnestie in die Parlement word bevraagteken. Daarmee saam wil die NHSA die polisie dwing om voortaan met vuurwapen-belanggroepe saam te werk en hul insette te verkry voordat ‘n vuurwapen-amnestie weer aangekondig word. Hy sê dit is omdat die polisie die afgelope 28 maande nie met belanghebbendes in gesprek getree het nie. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Els gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Daar word ook versoek dat mense met vuurwapenlisensies wat verval het nie in hegtenis geneem sal word totdat die nuwe amnestie afgekondig is nie. Dit is ‘n poging om dié vuurwapeneienaars te beskerm. Hy meen die polisie het leuens aan die Parlement asook die publiek voorgehou in terme van die instelling van dié bestaande vuurwapenamnestie. Els voer aan die polisie beweer dié jongste vuurwapenamnestie is gefokus op die inname van onwettige vuurwapens, maar in dié voorwaardes kom dit neer op onwettige vuurwapens wat ingegee word, maar dié vuurwapens behoort egter aan die houers van wapenlisensies wat verval het. Volgens Nel word dié lisensiehouers deur die polisie geboelie.

Dit was dr. Herman Els, uitvoerende voorsitter van die Nasionale Jag- en Skietvereniging, (NHSA). Skakel Vrydagoggend in wanneer Els raad aan vuurwapeneienaars gee in terme van die vuurwapenamnestie wat vandeesmaand in werking getree het.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.