On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Produsente, veilingshuise maak alternatiewe planne in VS vir veeverkope

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:49 Sat, 18 Jan 2020

Produsente, veilingshuise maak alternatiewe planne in VS vir veeverkope | News Article

Talle rooivleisprodusente in die Vrystaat het groot hoop gehad dat die tydelike verbod op die samekoms van spleethoewige diere van meer as twee bronne, vroeg vandeesmaand deur die landboudepartement gelig gaan word.


Dié tydelike verbod is ingestel ná die mees onlangse uitbreking van bek-en-klouseer verlede jaar in November in Limpopo.  Neville Raath, vise-voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die Vrystaat, sê die feit dat veeveilings oor die land heen verbied word, plaas enorme druk op talle produsente wat hoofsaaklik staatmaak op geld wat hulle ontvang vir die diere wat hulle op weeklikse veilings verkoop. Raath sê juis daarom wend produsente in samewerking met organisasies en veilingshuise hulle nou tot alternatiewe wyses om hul diere te verkoop. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Raath gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Katalogus- of videoveilings vind nou plaas, maar dit is veral kleinboere wat swaar trek. Daarom het die Rosendal-landbouvereniging uitgereik na die verkopers in die plaaslike kommunale gebied. ‘n Ander benadering is gevolg.

Daar is vasgestel wie van die beeseienaars in dié gebied wil van hul beeste verkoop. Raath sê dié beeste is toe gemerk en vir 28 dae in afsondering gehou. ‘n Staatsveearts het dié diere ondersoek, wat nou op ‘n veiling as ‘n enkele kudde verkoop gaan word. Beide die verkopers asook die staatsveearts moes verklarings aflê dat hul diere in ‘n bestek van 28 dae nie met ander beeste in aanranking gekom het nie.

Hy sê die wetlike vereistes in dié verband bepaal die getal verkopers is nie kritiek nie, maar wel die sekerheid dat daar nie ‘n nuwe toevoeging tot ‘n kudde is ná 28 dae nie.

Die veiling vind eerskomende Donderdag by die plaaslike veilingskraal plaas. Dié kraal is loop-afstand van waar die kudde in die kommunale gebied in afsondering gehou is. Die kopers is hoofsaaklik voerkrale.

Dit was Neville Raath, vise-voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie, RPO, in die Vrystaat. Skakel Dinsdagoggend in wanneer Raath verder gesels oor die planne wat in plek gestel is vir kommersiële boere in die Rosendal-distrik om hul diere te verkoop.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.