On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

ANC-vergoedingsplan vir onteiening gevaarlik, mense aan staat uitgelewer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:47 Tue, 28 Jan 2020

ANC-vergoedingsplan vir onteiening gevaarlik, mense aan staat uitgelewer  | News Article

Dit is gevaarlik om die reg van individue om teen die mag van die staat beskerm te word, weg te neem, want daarsonder is daar geen waarborge dat die staat regmatig gaan optree nie.


Dit is volgens Agri SA se hoof van grondsake, Annelize Crosby, wat meen die Grondwet bevat juis daarom 'n klousule dat mense ten alle tye vrye toegang tot die howe het. Sy sê dit is ook in Artikel 25 van die Grondwet vervat dat indien daar ‘n dispuut oor vergoeding by onteiening is, sal die howe uiteindelik die vergoedingsbedrag bepaal. Crosby se reaksie kom nadat pres. Cyril Ramaphoasa ná die ANC se lekgotla bekendgemaak het dié party wil hê die uitvoerende gesag en nié die howe nie moet 'n vergoedingsbedrag bepaal, indien grond onteien word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Crosby gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Sy sê die ANC se voorstel is gevaarlik, want mense (grondeienaars) word uitgelewer aan die regering of die betrokke minister of instansie wat aangewys word om die vergoeding vir onteiende grond te bepaal.  

Crosby sê dit is vir Agri SA 'n groot bron van kommer dat dit nog nie presies duidelik is wat die ANC beoog in dié verband nie. Dit sluit die onduidelikheid in oor die prosses waarvolgens hulle (ANC) dit wil doen.  

Sy glo die ANC ondervind probleme met sy prosesse en verwys na die bestaande proses wat nou ingestel is op die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet om onteiening moontlik te maak sonder vergoeding. Dit wat implisiet in die Grondwet is, word in die mandaat hervat, wat  onteiening met nul vergoeding in sekere omstandighede insluit. Daar is niks in dié mandaat met betrekking tot howe se gesag en individue se reg tot howe wat bedreig word nie.

Crosby meen dit skep ‘n probleem en indien dié mandaat en die onteieningswetsontwerp, wat reeds in Desember 2018 gepubliseer is, verander of aangepas word, sal dit eers gewysig moet word en weer vir kommentaar gepubliseer word.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.