On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

GWK hou video-veiling, meer as 5000 speenkalwers aangebied

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:46 Wed, 29 Jan 2020

GWK hou video-veiling, meer as 5000 speenkalwers aangebied | News Article

Die landboubesigheid, GWK, bied soos talle veilingshuise vir lewende hawe ‘n reuse katalogus- en videoveiling in Bloemfontein aan.


Meer as 500 speenkalwers, wat osse, verse en kalwers wat ligter weeg, word op die Dorland Trust se speenkalfveiling aangebied. Willie Meyer, hoof van GWK-veilings, sê al dié trust se vleisraskalwers word in meer as 35 lotte aangebied. Hy sê GWK was ook genoop om weens dié tydelike moratorium op die samekoms van diere met gesplete hoewe vanaf twee en meer bronne, wat versprei word na twee of meer bronne, hulle tot nuwe tegnologie te wend om veilings aan te bied. Dié moratorium raak openbare veeveilings en skoue van diere. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Meyer gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê die feit dat veilings nou op die ys is, plaas verseker druk op die veilingsbedryf, wat sy inkomste verdien met die aanbieding van veilings. Groter produsente word ook geraak, maar daar is planne in plek om hulle tegemoet te kom, dit is egter die informele bedryf wat swaarkry.

Vir groter produsente is daar sogenaamde safari-veilings asook video- en katalogusveilings, maar kleiner produsente steun grootliks op tradisionele veilings, sê Meyer. Daarom is daar plek vir video-, katalogus,- en aanlynveilings in die toekoms, maar tradisionele veilings sal beslis nie wegval nie.

Die veiling vind vandag (Woensdag) om 12:00 by die Botaniese Tuine in Bloemfontein plaas. 

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus




PRESENTER OUTRO:  Dit was Willie Meyer, hoof van GWK-veilings, slegs op Before Dawn.





Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.