On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

#AgriSA: Plaasaanvallers het geen respek vir landbou in SA nie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:56 Wed, 29 Jan 2020

#AgriSA: Plaasaanvallers het geen respek vir landbou in SA nie | News Article

Misdadigers, wat betrokke is by aanvalle op boere op hul plase en kleinhoewes het geen respek vir die landboubedryf in geheel nie.


Dit is volgens Tommie Esterhuyse, voorsitter van landelike veiligheid by Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid, nadat nog ‘n boer en sy gesin in Noordwes op sy plaas aangeval is. Derek Matthews, vise-voorsitter van Graan SA (GSA), en sy gesin is Saterdagaand in die Deelpan-gebied naby Biesiesvlei deur vyf gewapende mans oorval terwyl hulle gebraai het. Matthews en sewe familielede is na bewering vasgebind, geskop en geslaan. Die aanvallers het daarna met onder meer 'n onbekende bedrag geld op die vlug geslaan. Esterhuyse sê in sy reaksie op dié voorval, plaasaanvallers besef nie dat hulle die verskaffers van die kos wat hulle ook eet, leed aandoen nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Esterhuyse verwys ook na die implementering van die nasionale landelike beveiligingstrategie, wat verlede jaar bekendgestel is, en steeds teen 'n slakkepas plaasvind. In sy mening moet die polisie dié strategie vinniger op grondvlak in plek kry, sodat landbou ‘n ondersteunende rol kan speel. Hy sê daar is talle struikelblokke in dié verband, waarvan infrastruktuur een is. Daar is nie genoeg mannekrag of voertuie beskikbaar by polisiekantore oor die land heen nie en as daar genoeg mannekrag is, word beamptes oorlaai met pligte. Veiligheidskoördineerders het nie voordeel om volle aandag te skenk aan landelike veiligheidskwessies nie.

Esterhuyse, wat ook die visepresident van Vrystaat Landbou (VL) is, vertel verder van kommersiële asook kleinboere in die Heilbron-gebied in dié provinsie, wat nou keelvol is vir veediefstal. Hulle beoog om vandag (Woensdag) by die landdroshof op dié dorp op te daag en ‘n griefskrif te oorhandig wanneer vermeende veediewe in die hof verskyn.


OFM-nuus






Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.