On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Meer mielies aangeplant vanweë gunstige toestande

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:37 Mon, 03 Feb 2020

Meer mielies aangeplant vanweë gunstige toestande | News Article
FOTO: Graan SA (GSA)

Die Nasionale Oesskattingskomitee, NOK, se voorlopige skatting van die oppervlakte onder mielies, wat meer is as die vorige seisoen, kom as geen verrassing nie.


Petru Fourie, 'n landbou-ekonoom van Graan SA (GSA), sê 'n uitbreiding op 'n jaar-tot-jaar grondslag is voorspel. Die NOK se skatting is 2,5 miljoen hektaar, wat 10,21%, meer is as die 2,3 miljoen hektaar wat verlede seisoen aangeplant is. Die oppervlakte onder sonneblomsaad, sojabone en grondbone het ook teenoor die vorige seisoen toegeneem. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Fourie sê verlede jaar was 'n baie uitdagende jaar vir produsente gewees, produsente kon nie plant wat hulle wou aanplant nie, weens die gepaardgaande weerstoestande.

Daarmee saam is hierdie seisoen se landboutoestande baie beter teenoor verlede jaar en dan meer spesifiek witmielies word in die westelike gedeeltes van die land aangeplant en met goeie reën wat daar voorgekom het, was daar 'n uitbreiding in aanplantings gewees.

Dit was Petru Fourie, 'n landbou-ekonoom van Graan SA (GSA).

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.