On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agri Hour

Min reën kelder koringproduksie ook in VS

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:14 Tue, 04 Feb 2020

Min reën kelder koringproduksie ook in VS | News Article

Die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) se voorlopige oppervlakteskatting vir die meeste somergraangewasse, wat mielies insluit, is meer as die vorige seisoen se skatting van die oppervlakte onder dié gewasse.


Daarmee saam is die oppervlakte onder sorghum egter minder teenoor die vorige seisoen. 'n Landbou-ekonoom van Graan SA, Petru Fourie, sê ongustige weerstoestande in die Wes-Kaap en die Vrystaat, wat hoofsaaklik die land se voorste koringproduserende provinsies is, het bygedra tot 'n afname in die produksie van kommersiële mielies. Die verwagte produksie vir koring is 1,502 miljoen ton, wat 6,06% minder is as die vorige skatting van 1,598 miljoen ton.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Fourie gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Die verwagte produksie in die Wes-Kaap is 633 750 ton, in die Vrystaat is die verwagte produksie 313 600 ton en in die Noord-Kaap 262 500 ton. Die beraamde oppervlakte wat aangeplant is in die Wes-Kaap is 325 000 ha of 60% en in die Vrystaat 128 000 ha (21%) en in die Noord-Kaap 262 500 ha of 7%.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.