On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Ramaphosa kan niks hieromtrent doen, meen politieke ontleder

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 04:48 Wed, 05 Feb 2020

Ramaphosa kan niks hieromtrent doen, meen politieke ontleder | News Article
Pres. Cyril Ramaphosa

Die ontnugtering rondom pres. Cyril Ramaphosa vergroot en daar bestaan 'n totale omgewingsweerstand teen hom.


Daarmee saam het adjunkpresident, David Mabuza, ook teen Ramaphosa gedraai en wend hom na bewering tot die Jacob Zuma-kamp. 'n Politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit (NWU), prof. André Duvenhage, meen Ramaphosa se posisie in die ANC en as staatshoof is in die gevaar en met die ANC wat eintlik 'n "kriminele misdaadsindikaat" is, vind Ramaphosa dit moeilik om op te tree teen sy eie lede. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Duvenhage gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê van die argumente wat aangevoer word, is dat tot 80% van onder meer staatsamptenare in ANC-geledere wat korrup is, óf gekoppel word aan nepotisme óf iewers indirek bevoordeel is deur 'n daad van korrupsie. Daarom laat dit Ramaphosa in 'n bykans onmoontlike posisie om hierdie situasie te hanteer en Duvenhage het nie groot verwagtinge van Ramaphosa en sy pogings om dit reg te stel nie.

Volgens Duvenhage is dit 'n goeie teken dat die EFF stil is en laaglê maar daar is tog 'n gevaar in hul stilte. Dit kan egter nie agterweë gelaat word dat dié partye onder leierskap van Julius Malema goeie steun ontvang nie. Daar word ook in politieke kringe beweer dat Malema homself belyn met Ace Magashule.

Die EFF vorm op sekere vlakke ook ‘n alliansie met Mabuza teen Ramaphosa.

Dit was prof. André Duvenhage, ‘n politieke-ontleder verbonde aan die Noordwes-Universiteit.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.