On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

GWK se video-speenkalwerveiling behaal omset van miljoene

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 04:52 Wed, 05 Feb 2020

GWK se video-speenkalwerveiling behaal omset van miljoene | News Article

GWK het onlangs, sover bekend een van die grootste veeveilings in die land suksesvol aangebied.


Willie Meyer, hoof van GWK-veilings, sê dit is ook, sover bekend, een van die grootste videoveilings van 'n verkoper en in dié geval 'n enkelverkoper. Volgens hom is al 5 248 speenkalwers, wat deur die Dorland Trust aangebied is op die veiling, deur ses voerkrale aangekoop. Altesaam 19 voerkrale was geregistreerde kopers. Hy sê die speenkalwers is gesamentlik in lotte verkoop en die totale omset van die veiling was sowat R54 miljoen. Daarmee saam is die aanbieding van diere binne 'n bestek van 45 minute verkoop. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Meyer sê die pryse wat behaal is, was goed en bo markprys. Kalwers met 'n ligter gewig het tussen 250kg en 300kg geweeg, terwyl swaarder kalwers wat in een lot aangebied is, sowat 345kg geweeg het. Die gemiddelde gewig van die kalwers wat aangebied is, was 280kg en die gemiddelde prys van diere was so R35,80 per kg.

Dit was ook die eerste keer dat Dorland Trust diere op veiling aangebied het en weens die getal diere wat jaarliks in die mark kom, was 'n gewone konvensionele veiling nie 'n opsie nie, en 'n videoveiling was eerder 'n gunstige wyse om diere aan te bied.

Dit was Willie Meyer, hoof van GWK-veilings, slegs op Before Dawn.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.