On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Talle kunstenaars sing in Bfn vir boere in droogtegebiede

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 00:42 Wed, 12 Feb 2020

Talle kunstenaars sing in Bfn vir boere in droogtegebiede | News Article

Verskeie van Suid-Afrika se voorste kunstenaars gaan Bloemfontein volgende maand aan die brand sing om geld vir landbougemeenskappe, wat swaar gebuk gaan onder droogtetoestande, in te samel.


Boere Droogtehulp SA bied op 14 Maart die Sand du Plessis Droogtehulpfees aan. Jan Lotz, 'n bemarker wat ook verantwoordelik is om geld in te samel vir dié nie-winsgewende organisasie, sê dit is 'n geleentheid om nie mis te loop nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Volgens Lotz is daar tien sangers wat gratis gaan optree vir dié goeie doel. Dit sluit onder meer Jakkie Louw, Dwayne Louw en Zak Steyn in. Hy sê dit is 'n buiteligvertoning en toegang is R100 vir volwassenes en R50 vir kinders bo die ouderdom van 14.  Verskeie stalletjies gaan op dié dag beskikbaar wees, maar mense kan hul kampstoele en koelerbokse saambring. Die geld wat ingesamel word, sal gebruik word om onder meer veevoer en ander noodsaaklike produkte soos kos en water aan landbougemeenskappe te verskaf, sê hy.

Besoek Boere Droogtehulp SA se Facebookblad vir meer inligting.

Dit was Jan Lotz, bemarker en insamelaar van geld vir die nie-winsgewende maatskappy Boere Droogtehulp SA, slegs op Before Dawn. Daarmee saam moedig OFM luisteraars aan om betrokke te raak by die onderskeie droogtehulpprojekte wat ten doel het om landbou-gemeenskappe te ondersteun. OFM het 'n webblad geskep waarop luisteraars inligting oor die droogte-situasie in die sentrale binneland en in ander provinsies kan verkry en skenkings kan doen. Skakels van organisasies, soos Agri SA asook Agri Noord-Kaap, en Boere Droogtehulp SA is op hierdie OFM-blad beskikbaar. Gaan na ofm.co.za, kliek op die Agri Aid-banier op die tuisblad om toegang te verkry. Vir die jongste nuus volg die hutsmerk #LandbouHoop.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.