On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

DA: Ramaphosa se staatsrede bevat positiewe punte

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:25 Mon, 17 Feb 2020

DA: Ramaphosa se staatsrede bevat positiewe punte | News Article
Annette Steyn van die DA FOTO: YouTube

Pres. Cyril Ramaphosa se 2020-staatsrede was teleurstellend, maar ten opsigte van die landboubedryf het hy wel nie dié keer leë beloftes gemaak nie.


DA-LP en woordvoerder van landbou, Anette Steyn, sê daar is positiewe aspekte in Ramaphosa se staatsrede wat onder meer insluit sy erkenning dat die droogtesituasie in die land ‘n groot negatiewe invloed op landbou het. Sy sê hy het egter erkenning gegee aan die stand van sake soos dit nou is en nie hoe die regering van plan is om dit te hanteer nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Volgens haar is nog stap in die regte rigting dat Ramaphosa gesê het munisipaliteite kan nou self krag begin genereer, veral in die lig van die feit dat daar reeds onderhandelinge met boere is om son- en windplase op hul eiendomme te vestig.  

Ramaphosa het ook gesê die proses om aansoek om waterlisensies te doen gaan bespoedig word.

Sy meen grondonteiening is die enigste knelpunt in Ramaphosa se staatsrede. Hoewel die grondwetwysigingsproses reeds aan die gang is en niks nuuts is nie, sal daar spesifiek gelet moet word op wanneer die spesifieke wysiging op die onteieningswet ter tafel gelê gaan word. Dit is reeds in Desember verlede jaar ter tafel gelê, maar die inhoud en wat daarna gaan volg, is nou van groot belang. Sy sê daar is gesprekke oor onbenutte grond en die feit dat Ramaphosa in sy staatsrede na 700 000 hektaar grond verwys het wat beskikbaar gestel gaan word vir landboudoeleindes, moet fyn dopgehou word. Daar is talle vrae wat reeds rondom dié kwessie bestaan.  

Dit was Annette Steyn, DA-LP en woordvoerder van landbou vir die DA, slegs op Before Dawn.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.