On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

APAC: Opheffing van verbod verwelkom, ondanks vereistes

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:45 Tue, 18 Feb 2020

APAC: Opheffing van verbod verwelkom, ondanks vereistes | News Article

Die rooivleisbedryf het die opheffing van die nasionale verbod op die samekoms van spleethoewige diere, weens die uitbreking van bek-en-klouseer in die Molemole-gebied in Limpopo in November verlede jaar, verwelkom.


Francois Knowles, registrateur van die Landbouproduk-agenteraad, oftewel APAC, sê dit is voorwaar goeie nuus. Didiza het dié aankondiging Maandag in Kaapstad op ‘n mediakonferensie gedoen. Dié verbod het veilings en skougeleenthede van diere verbied.  Knowles sê daar is groot dankbaarheid oor landbouminister Thoko Didiza se aankondiging nie slegs in die rooivleisbedryf nie, maar ook in die wildbedryf, want alle veilings van lewende hawe kan nou onmiddellik voortgaan. Daar is egter sekere vereistes waaraan voldoen moet word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Knowles gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Een daarvan is die vereiste dat alle lewendehawe-agente by Apac geregistreer moet wees. Hy sê almal wat betrokke is by dié veilings moet gerigistreer word, en sekere "sistematiese stappe" sal in plek gestel word oor die hantering van veilings en met spesifieke verwysing na biosekuriteit. Daar gaan twee keer jaarliks oudits gedoen word deur 'n onafhanklike inspekteur, wat dan verslae aan APAC moet lewer. Sekere protokol sal ook by veilings ingestel moet word soos onder meer om seker te maak diere is siektevry en dat die nodige dokumentasie, wat dié diere vergesel, volledig voltooi moet wees. Knowles sê lewende hawe agente moet volgens bestaande APAC maatreëls tweejaarliks hul registrasie as lid van APAC hernu. Die proses is om die draai en alle hernuwingsaansoeke moet teen 30 Maart vanjaar ingedien word.

Dit is daarmee saam van groot belang dat agente wat nie voorheen geregistreer is by APAC nie, nou ook aan boord moet kom.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.