Agri Hour
Rooivleisbedryfsnuus: Lewendehawe-veilings hervat, bedryf dankbaar─── CHRISTAL-LIZE MULLER 07:42 Thu, 27 Feb 2020
‘n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, bespreek weekliks op 'n Donderdag die veilingspryse wat op lewendehawe-veilings behaal is.
Hy versprei dié inligting weekliks sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Derksen kan nou weer dié verslag verskaf nadat die nasionale tydelike verbod op die samekoms van spleethoewige diere vanaf meer as twee bronne na ander bronne, opgehef is. Dit is ingestel nadat bek-en-klouseer in Limpopo uitgebreek het. Hier is Derksen...
Hy sê die veilingspryse vir lewende hawe het ‘n goeie styging getoon sedert die verbod op die samekoms van spleethoewige diere gelig is en veilings van lewende hawe hervat is.
Sien onderstaande PODCAST
Dit was Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf, met die jongste nuus in die vleisbedryf. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.
OFM-nuus