On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Suid-Afrikaanse kommersiële grondgebruik hoogste in Noord-Kaap

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:58 Mon, 30 Mar 2020

Suid-Afrikaanse kommersiële grondgebruik hoogste in Noord-Kaap | News Article
FOTO: Vrystaat Landbou (VL)

Die totale oppervlakte grond wat gebruik word deur kommersiële landbou is sowat 46,4 miljoen hektaar en verteenwoordig sowat 37,9% van die totale oppervlakte grond in die land.


Dit is die raming wat deur Statistieke SA (SSA) in sy verslag vir die sensus van kommersiële landbou in 2017 bekendgestel is. Joe de Beer, adjunk-direkteurgeneraal vir ekonomiese statistieke by SSA, sê dié syfer is 'n goeie aanduiding van die belangrikheid van landbou in Suid-Afrika, want enige land wat 38% van die totale grondoppervlakte gebruik vir landboudoeleindes is ernstig oor dié bedryf.  OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Volgens die verslag is die Noord-Kaap die provinsie in Suid-Afrika wat die grootste gedeelte van die land se kommersiële landbougrond gebruik wat op sowat 17 miljoen hektaar grond neerkom. Die Vrystaat is tweede met 46%. Hy sê ondanks dié getal is die Noord-Kaap egter die provinsie in die land wat die minste inkomste van net onder R19 miljard genereer. Daarmee saam is die Noord-Kaap die provinsie met die grootste skaapbevolking. Die Pixley ka Seme distriksmunisipaliteit het 'n skaapbevolking van 1,3 miljoen, wat sowat 16% bydra tot die totale kudde van die land.

Die totale inkomste vir die landboubedryf in 2017 was R332,8 miljard, wat na verwagting 'n toename was sedert 2007.  R121 miljard se inkomste was afkomstig van veeteelt en R95 miljoen van gemengde boerderye.  'n Groot gedeelte van die grond wat gebruik word in Suid-Afrika bestaan uit weiding en dit kan toegeskryf word aan veeteelt wat die grootste inkomste vir die landboubedryf genereer.

Dit was Joe de Beer, adjunk-direkteurgeneraal vir ekonomiese statistieke by Statestiek SA (SSA).


OFM-nuus

 


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.