On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agri Hour

Vryheidsfront Plus vra vir paraatheid op plase ná aanval op boer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:58 Tue, 31 Mar 2020

Vryheidsfront Plus vra vir paraatheid op plase ná aanval op boer | News Article
PHOTO: Jacaranda FM

Die Vryheidsfront Plus in Mpumalanga vra boere oor die land heen om hul paraatheid in landelike gebiede op te skerp, veral met die nasionale inperking wat in plek is om die verspreiding van die Covid19-virus in Suid-Afrika te beperk.


Dit kom nadat 'n bejaarde beesboer, Jan Randall, verlede week op sy plaas in die Chrissiesmeer en Lothair-gebied gewond is toe aanvallers op sy plaas toegeslaan het. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Weber gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê Randall is in die been gewond, en kon wegjaag, maar het later in sy bakkie teen 'n vragmotor gebots. Randal is 'n slagoffer van 'n tweede plaasaanval. Hy sterk in 'n hospitaal in Pretoria aan. Weber sê volgens sy inligting is niks in die voorval gebuit nie. Sover bekend is niemand nog in hegtenis geneem nie. Hy sê daar moet aanvaar word, veral met die nasionale inperking, dat daar booswigte is wat dié situasie gaan misbruik en mense op plase en kleinhoewes gaan aanval. 

Hy meen een boer wat sy lewe verloor is een boer te veel. 


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.