On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agri Hour

#Coronavirus: Volg voorkomingsmaatreëls, pleit VL

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:45 Wed, 01 Apr 2020

#Coronavirus: Volg voorkomingsmaatreëls, pleit VL | News Article
FOTO: Vrystaat Landbou (VL)

Vrystaat Landbou (VL) rig 'n ernstige beroep op die landboubedryf om die regering se maatreëls te volg tydens die nasionale staat van inperking vir 21 dae weens die Covid-19-virus.


Die landboubedryf word as 'n noodsaaklike diens beskou en daarom kan betrokkenes in die voedselwaardeketting voortgaan met die produksie van kos vir mense. Gernie Botha, regsadviseur vir VL, sê die doel van die nasionale inperking is juis om die verspreiding van die koronavirus te beperk en daarom moet bona fide produsente alles in die stryd werp om veiligheidsmaatreëls toe te pas. Hulle moet nie die situasie misbruik nie. Dit kom nadat VL identifikasiepermitte vir sy lede beskikbaar gestel het om te gebruik wanneer hulle rondbeweeg. Dié permitte word egter nou versprei en deur mense, wat nie bona fide-produsente is nie, gebruik sodat hulle as noodsaaklike diensleweraars beskou kan word.  OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Botha gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Botha sê in terme van beweging moet produsente, wat in dié geval die werkgewer is, probeer om beweging soveel moontlik te beperk, hetsy dit plaaswerkers is wat van dorpe na plase vervoer  word of enige ander beweging. Dit is vir hul eie veiligheid en dit is in belang van elke mens om beweging tydens die nasionale inperkingsperiode, wat nou in die vyfde dag is, te bewerk in 'n poging om die verspreiding van die koronavirus te beheer.

Wat betref permitte wat misbruik word, aanvaar VL geen verantwoordelikheid vir mense wat dié permit versprei en misbruik nie.  Die owerhede moet gevolglik stappe doen.

Botha sê VL, asook Agri SA, se inligting is op dié permit aangebring en dit plaas dié organisasie in 'n moeilike posisie, veral in terme van die bestaande vertrouensverhouding wat daar is met die onderskeie regeringsdepartemente. Dit is juis dié departement wat staatmaak op 'n organisasie soos VL om tydens die inperksperiode die nodige protokol te volg. 


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.