On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

#Coronavirus nie 'n grap nie, sê #Covid19-slagoffer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:38 Thu, 02 Apr 2020

#Coronavirus nie 'n grap nie, sê #Covid19-slagoffer | News Article
FOTO: Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO)

Die Covid-19-virus is nie 'n grap nie. Daar is mense wat wel so dink en onder die indruk is dat dié pandemie nie ernstig is nie.


Dries Delport, 'n Brangus-teler wat tussen Boshof in die Vrystaat en Kimberley boer, sê dit is nou tyd dat mense van dié opinie verander.  Delport sterk nou op sy plaas aan nadat hy Sondag uit die Mediclinic Gariep ontslaan is nadat hy positief vir die Covid-19-virus getoets het. Delport en sy seun Johan het vroeg in Maart 'n geestelike byeenkoms by 'n kerk in Bloemfontein bygewoon. Daar was tydens dié byeenkoms buitelanders  wat later positief vir die Covid-19-virus getoets het.  OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Delport gepraat ...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê dit is 'n tipe sielkundige oorlog wat 'n mens weens dié virus ondervind. Dit gaan oor die onsekerheid of jy die koronavirus opgedoen het en of jy, indien jy dit wel het, aan ander mense oorgedra het. Delport sê dit was een van sy grootste bekommernisse gewees in die tydperk wat hy erge griepsimptome getoon het. In daardie stadium het hy nie eens geweet hy het dié virus onderlede nie. Hy wou nie ander mense se lewens in gevaar stel nie. 

Daarom vra hy Suid-Afrikaners en medeboere om by die departement van gesondheid se voorkomingsmaatreëls te hou. Bly by die huis en vermy kontak met ander mense sover moontlik. "Hierdie is nie 'n speletjie nie, dit gaan oor lewe en dood," sê hy.

Dit was Dries Delport 'n Brangus-teler slegs op Before Dawn.


OFM-nuus




















 




















Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.