On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

OFM Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   06:16 Mon, 06 Apr 2020

OFM Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Mielies: Die Amerikaanse mieliemark het in Vrydag se verhandeling hoofsaaklik onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.


Die druk op die Amerikaanse mieliemark kan grootliks toegeskryf word aan die laer vraag na etanol asook die verwagtinge dat die VSA hierdie seisoen moontlik 97 miljoen akker mielies kan aanplant.

In die plaaslike konteks is die markte baie wisselvallig. Die volatiliteit van die wisselkoers, tesame met die onsekerhede rakende die grendelstaat, maak die plaaslike markte baie wisselvallig.

Die plaaslike mieliemark het verlede week gemeng verhandel, maar albei die wit en geelmieliemark het effens hoër gesluit vir die week.

Die wit-  en geelmieliemark het Vrydag onderskeidelik teen R2 661/ton en R2 817/ton gesluit vir lewering in Julie.

Sojabone:  Die Amerikaanse sojaboonmark het in Vrydag se verhandeling onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.

Die laer vraag na bio-diesel plaas druk op die internasionale vraag na sojaboonolie en dit het weer 'n oorspoel-effek op die internasionale pryse.

In Suid-Amerika is die verwagting dat die sojaboonproduksie laer behoort te wees as wat aanvanklik hierdie seisoen verwag was met die weerstoestande wat verswak het soos die seisoen gevorder het.

Die plaaslike sojaboonmark was verlede week ook baie wisselvallig gewees en het groot prysbewegings getoon vir die week.

Die sojaboonmark het hoofsaaklik ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die week. Die mark het Vrydag teen R7 025/ton gesluit vir lewering in Mei 2020.

 

Koring:     Die Amerikaanse koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag met die mark wat goeie winskoopvlakke bereik het.

Rusland het aangekondig dat hulle uitvoerbeperkinge op koring gaan instel te midde van die wêreldwye vrese rakende die COVID-19 pandemie.

Russiese uitvoerbeperkinge kan die internasionale koringpryse in die kort- tot mediumtermyn ondersteun, terwyl die verwagtinge is dat die vraag na koring in die langtermyn steeds redelik sywaarts behoort te beweeg.

Die plaaslike koringmark het verlede week ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die week.

Die plaaslike koringmark het Vrydag teen R5 565/ton gesluit vir lewering in Mei 2020.04.05.

Dié  Safex-markverslag op die OFM se Agri-Uur is deur Graan SA (GSA) verskaf.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.