On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

NK RPO teleurgesteld weens regeringshulp slegs aan sekere boere

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:19 Wed, 15 Apr 2020

NK RPO teleurgesteld weens regeringshulp slegs aan sekere boere | News Article

Daar is streke in die Noord-Kaap, waar min of geen reën nog voorgekom het nie. In die gebiede waar dit wel gereën het, was die neerslae kol-kol en, omdat dit min reën, verdwyn vog vinnig as daar nie opvolgreën is nie.


Johan van der Colff, voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie in die Noord-Kaap, sê die produksie van rooivleis in dié provinsie is in die stadium 'n groot uitdaging. Dit kan grootliks toegeskryf word aan die droogtetoestande. Die Noord-kaap is as 'n droogterampgebied verklaar. Hy sê die grootste uitdaging in dié verband is die feit dat talle produsente in die droogtetoestande hul kuddes noodgedwonge moes verminder. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê met dié kuddevermindering is daar nou min diere en produsente is nou in 'n kuddeboufase. Daar mag dalk genoeg verlies wees vir produksie, maar alles kan nie aan die verbruiker deurgegee word nie, omdat produsente nou in die opboufase van hulle kuddes is. 

Hy sê dit is ook die geval in gebiede waar dit gereën het, terwyl daar laer produksie is in ander gebiede in die Noord-Kaap waar dit nog nie gereën het nie. In die noordelike en oostelike gedeelte van dié provinsie was daar genoeg reën, maar in die suidwestelike en heel westelike gedeelde hou die droogte steeds 'n groot gevaar in. Dit sluit die Klein-Karoo en Namakwaland in. 

Van der Colff sê egter produsente werk steeds onverpoos om rooivleisproduksie in die Noord-Kaap weer volstoom aan die gang te kry. Dit is egter vir kommersiële boere in dié provinsie 'n groot teleurstelling dat die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se Covid-19-ingryping van R1,2 miljard slegs op opkomende boere gemik is.

Hy sê dit is 'n teer punt vir hulle, want tydens die droogte het georganiseerde landbou droogtehulp van die regering gevra vir alle boere, nie slegs sekeres nie. Dié bedryf het toe droogtehulp van die regering aangevra en nie veel ontvang nie, daarmee saam is slegs sekere boere bygestaan.

Kommersiële boere is egter baie dankbaar vir die droogtehulpondersteuning wat hulle van mede-boere oor die land heen ontvang het. Gemeenskappe het ook hul harte en beursies vir dié boere in nood oopgemaak.

Van der Colff sê rooivleisprodusente is die Noord-Kaap se lewensaar en hulle is nie "gek oor" die regering se hulpverlening aan slegs sekere boere nie, daarom het dié organisasie sy lede aangemoedig om ook, indien hulle aan die kriteria voldoen, vir die regering se Covid-19-ingryping aansoek te doen.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.