On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Agri Hour

Mieliediefstal in Vrystaat neem tydens grendeltydperk kommerwekkend toe

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:25 Wed, 22 Apr 2020

 Mieliediefstal in Vrystaat neem tydens grendeltydperk kommerwekkend toe | News Article

Verskeie betrokkenes in die landboubedryf is bekommerd oor die toename in diefstal, wat tydense die nasionale grendeltydperk, weens die Covid-19-pandemie, op plase nou vinnig toeneem.


Veediefstal asoos die diefstal van plaasprodukte is 'n groot kopseer vir boere. Tommie Esterhuyse, voorsitter van Agri SA se landelike veiligheidskomitee en vise-president van Vrystaat Landbou (VL), sê die diefstal van mielies vanaf landerye is nou 'n reuse probleem in die Vrystaat.  Daar word nou 'n opname gedoen rondom dié vorm van diefstal, sodat die omvang daarvan bepaa en besluite geneem kan word, om drastiese stappe in dié verband te neem.   Esterhuyse sê Agri SA is ook in die proses om 'n opname te doen in al die provinsies oor die land heen, om vas te stel wat die uitwerking van veediefstal en die diefstal van landbouprodukte op plase is. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Nog 'n groot bron van kommer is die feit dat die minister van polisie, Bheki Cele, die patrollering deur plaaswagte en gemeenskapspolsiëringsforums (GPF's), wat deel van die landelike veiligheidsplan is,  verbied. Esterhuyse sê dít skep 'n klimaat vir misdaad. Dit is volgens hom presies wat oortreders en booswigte wil hê en die polisie speel reg in hulle hande. Agri SA is ook in verband met dié kwessie met die onderskeie ministers in gesprek, in 'n poging om die regering te oorreed dat daar met patrollering in landelike gebiede voortgegaan kan word. Boere moet hul produkte en diere kan beskerm.

Hy sê dit is onverstaanbaar waarom Cele nie die patrollering deur boere in die vorm van plaaswagpatrollies in 'n tyd soos dié toelaat nie. Dit is onsinvol.  Hy sê tydens die patrollering van gebiede is daar nie groot groepe mense byeen nie. Slegs enkelinge is verantwoordelik vir die taak. 

Agri SA het 'n navraag aan Cele gerig oor dié verbod waarop hy wel gereageer het en georganiseerde landbou na die departement  vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) verwys het.  Dit is 'n n groot frustrasie dat die politici nie hul samewerking in dié verband gee nie en nie antwoorde op navrae verskaf nie, sê Esterhuyse. 

Die diefstal van mielies wat nou ryp is in aanloop tot die stroop proses word vanaf landerye gesteel.  Kinders word na bewering hoofsaaklik hiervoor gebruik, want die polisie ondervind na bewering probleme on teen kinders op te tree. 

Esterhuyse meen dié diefstal vind nie plaas, omdat mense honger is en kos benodig nie. Bakkievragte en waens vol mielies, word gebuit om mee handel in die informele mark  te dryf, sê hy. 

Dit was Tommie Esterhuyse, voorsitter van Agri SA se landelike veiligheidskomitee en vise-president van Vrystaat Landbou (VL) slegs  op die Agri-Uur.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.