On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

#Covid19: Rooivleisprys daal, maar daar is ligpunte

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 23:38 Mon, 27 Apr 2020

#Covid19: Rooivleisprys daal, maar daar is ligpunte | News Article

Daar is te midde van die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika 'n drastiese daling in die prys van rooivleis. Dit kan toegeskryf word aan skommelinge in die mark in terme van verskaffing.


Gerhard Schutte, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, RPO, sê daar bestaan egter hoop dat dié situasie weer sal herstel, maar   voorspellings dat die land se ekonomie met 6% kan inkrimp, moet in berekening gebring word. Dit  gaan beslis 'n impak op alle produkte hê. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Daarmee saam is daar nou 'n afname in die vraag na rooivleis weens verbruikers se geldelike druk, maar dit is verblydend dat rooivleisprodukte voor die inperkingstydperk tydens paniekaankope toegeneem het. Hy meen dit wil voorkom of daar nog verbruikers is wat genoeg rooivleisvoorraad het. Daar was aanvanklik logistieke uitdagings by Suid-Afrikaanse hawens, wat intussen uitgesorteer is en die uitvoer van rooivleis gaan voort. Dit is goed want met die impak van die wisselkoers is die uitvoer van produkte nou gunstig. 

Schutte meen die prys van speenkalwers het gedaal weens vraag en aanbod asook onserheid in die mark, voorspellings van 'n goeie plaaslike mielie-oes is ook 'n groot aansporing vir die bedryf, want die prys van mielies kan daal en dit is goeie nuus vir die bedryf. 

Dit is egter nie onvermydelik dat die Suid-Afrikaanse ekonomie met die uitbreking van die Covid-19-virussiekte gaan seerkry nie, maar Schutte sê daar is positiewe aspekte waarop die bedryf in die stadium kan fokus. Hy gee ook sy versekering aan verbruikers dat rooivleisprodusente seker sal maak dat daar 'n volgehoue aanbod van rooivleis is.


OFM-nuus

 


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.