On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Landbou dra by tot ekonomiese groei, maar ekonomie moet op koers kom

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:59 Mon, 18 May 2020

Landbou dra by tot ekonomiese groei, maar ekonomie moet op koers kom | News Article

Landbou sal voortgaan om ‘n bydra te lewer tot ekonomiese groei in Suid-Afrika, maar daar sal met groot dringendheid daarna gekyk moet word om die land se ekonomie ten volle aan die gang te kry.


Dit is volgens Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, wat meen landbou is 'n produserende sektor in terme van vleis, grane en wol wat plaasvind en wanneer dit verhandel word, vind daar ekonomiese groei plaas omdat meer ekonomiese aktiwiteite plaasvind. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Jansen gepraat…


Sien onderstaande PODCAST

 

Jansen sê die vraag ontstaan egter dat met lae ekonomiese groei in die land ten opsigte van die koste in die ekonomie, dra dit by tot ‘n negatiewe groeikoers en dan kan daar nie bygehou word met die vraag wat ontstaan nie. Dit is debateerbaar of Suid-Afrika weer 'n positiewe groeifase gaan bereik, terwyl dit ook onduidelik is waar die regering se reddingsboei van R500 miljard vandaan gaan kom om die invloed van Covid-19 teen te werk. 

Dit is verder onduidelik hoeveel van dié geld lenings is en wat die koste van daardie lenings is. Jansen sê daar sal hopelik in Junie meer duidelikheid daaroor wees wanneer die minister van finansies, Tito Mboweni, die begroting onder oë kry.


OFM-nuus

 

 



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.