On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Regering slaan nie ag op rampdroogte in Noord-Kaap

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:20 Tue, 19 May 2020

Regering slaan nie ag op rampdroogte in Noord-Kaap | News Article
FOTO: Agri Noord-Kaap

Die landboubedryf in die droogtegeteisterde Noord-Kaap is steeds grootliks afhanklik van droogtehulp in die vorm van skenkings deur weldoeners, organisasies, banke en maatskappye.


Dit is daarom moeilik om te aanvaar dat die regering 'n koue skouer gee vir hulp nadat hy self 'n nasionale rampverklaring weens die droogtetoestande aangekondig het. Dit is volgens Agri Noord-Kaap se president Nicol Jansen, wat sê die regering gee geen uiting aan die rampbestuurswetgewing ten opsigte van rampdroogte nie, en boere lei daaronder. Hy sê daarmee saam verleen die regering Covid-19-hulp ter waarde van R1,2 miljard aan kleinboere en kommunuale boere, terwyl alle boere geldelik in die knyp is weens die uitwerking van die voortslepende droogte.  OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Jansen gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê Agri Noord-Kaap, wat 'n affiliaat van Agri SA is, gaan onverpoos voort met hulpverlening om geld in te samel,  aan te wend en te ontsluit om die grootste moontlike hulp met beskikbare geld aan boere, wat steeds swaar geraak word weens die droogte, te verleen.

Jansen sê 'n projek waarin lusern en voerpille volgens die behoefte van landbouverenigings in dié provinsie uitgedeel is, is voltooi. Dié projek ter waarde van  R700 000 is moontlik gemaak deur georganiseerde landbou met Agri SA en donateurs se hulp. 

Daar word nou begin met 'n mieliebaalprojek waarin bykans 3000 bale van mieliereste versprei gaan word. Ook dit is moontlik gemaak deur geldinsameling deur Agri SA met behulp van donateurs, banke, individue en maatskappye wat 'n helpende hand uitsteek  en 'n verskil maak, sodat die basiskudde in die Noord-Kaap in stand en die ekonomie aan die gang gehou kan word vir wanneer weidingstoestande verbeter en produksie voortgesit word.

Hy sê Agri Noord-Kaap is steeds baie dankbaar vir alle skenkings, want boere is uiters afhanklik daarvan, en dit is hoekom dit so moeilik is om te aanvaar dat die regering 'n kouer skouer gee vir nasionale rampverklaring weens die droogte, maar die regering slaan nie ag daarop nie en geen regeringshulp word verleen aan die landboubedryf nie. 

Hy sê verder dit is belangrik dat landbougemeenskappe geestelike en emosionele hulp ontvang en daarom is die Caritas-gemeenskapfokus in Kimberley se 24-uur noodnommer waardevol.  Beraders is beskikbaar en wanneer dié hulplyn gebruik word, word plaaslike geestelike leiers ook in kennis gestel om gevalle op te volg en ondersteuning te verskaf waar nodig.  Die hulplyn se nommer is 083-415-1484. 


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.