On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Engen, Agri SA vat hande om boere in droogtegeteisterde gebiede te steun

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 23:10 Tue, 19 May 2020

Engen, Agri SA vat hande om boere in droogtegeteisterde gebiede te steun | News Article

Droogtetoestande in 'n groot deel van die land eis steeds sy tol op landbougemeenskappe.


Dit is veral die westelike deel van die land wat steeds deur die voortslepende droogte geraak word. Andrea Campher, Agri SA se ramprisiko-bestuurder, sê juis daarom het Engen met Agri SA ooreengekom om deur produkverkope 'n bydrae te lewer tot dié organisasie se droogtehulpfonds. Die ooreenkoms sluit in dat vir elke liter olie wat deelnemende Engen-ondernemings oor die land heen verkoop, sal R1 tot Agri SA se Droogtehulpfonds bygedra word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Campher gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Sy sê duisende boere, asook plaaswerkers, het sedert 2015 by dié rampfonds gebaat en Engen is trots om deel te wees van dié inisiatief weens die bestaande nou band wat Engen met die landboubedryf het. Daar is groot dankbaarheid vir Engen se samewerking, veral weens die reuse-impak wat die droogte in meer as die helfte van die Noord-Kaap, Oos- en Wes-Kaap asook Limpopo het. Dié hulp sal 'n groot hulp wees vir boere, plaaswerkers en boerderygemeenskappe wat gebuk gaan onder droogte. Met dié hulp kan daar bygedra word tot voortgesette produksie op plase en werksgeleenthede sowel as voedselsekerheid kan beskerm word, sê sy.

Verkope van Dieselube 700 Super, Agritrac Super Universal en Agrifluid Transmissie-smeermiddels sal tot dié R1-skenking tot Agri SA se Droogtehulpfonds bydra.

Dit was Andrea Campher, ramprisiko-bestuurder by Agri SA, slegs op die Agri-Uur.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.