On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Veilingspryse: Verskeie faktore tel in produsente se guns

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 21:41 Wed, 20 May 2020

Veilingspryse: Verskeie faktore tel in produsente se guns | News Article

‘n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, bespreek weekliks op 'n Donderdag die veilingspryse wat op lewende hawe veilings behaal is.


Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen...


Sien onderstaande PODCAST

 

Hy sê daar is 'n paar gunstige faktore soos weiding wat volop beskikbaar is, 'n goeie mielieoes, en die Rand wat verswak en die uitvoer van produkte aanhelp. Daarmee saam daal rentekoerse voortdurend. Dit moet ook in ag geneem word dat jaarliks in April en Mei die beesprys vir produsente goedkoop is, waarna dit geleidelik toeneem tot en met Augustus en September.  As dié faktore in ag geneem word en met die mark wat reeds 'n toename toon, dan sien die toekoms meer positief daarna uit, sê Derksen. Vandeesweek het speenkalwers onder 200kg teen R31,77 per kg verkoop, speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R 30,31 en speenkalwers oor 250kg, het teen R28,85 per kg verkoop.

 

Ander veilingspryse vir beeste:  

A-klas beeste      - R24,75 per kg

B-klas beeste      - R21,42 per kg

C-klas vet koeie   - R19,85 per kg

Maer koeie          - R17,65 per kg

Slagbulle              - R21,91 per kg

Skape: 

Stoorlammers      - R36,50 per kg

Slaglammers        - R32,35 per kg

Stoorskape           - R25,12 per kg

Vetskape               - R27,88 per kg

Bokke

Lammers            - R36,55 per kg

Ooie                    - R28,35 per kg

 

Dit was Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf, met die jongste nuus in die vleisbedryf. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.


OFM-nuus

 




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.