On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

#Agri SA: Inisiatiewe om droogtehulp te verleen bring hoop

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 21:44 Wed, 20 May 2020

#Agri SA: Inisiatiewe om droogtehulp te verleen bring hoop | News Article

Boere ondervind steeds uitdagings ten opsigte van droogtehulp en die interpretering van die Covid-19-regulasies en die uitvoering daarvan deur polisiebeamptes.


Dit sluit in toegang tot permitte en onkunde oor die permitstelsel vir reisdoeleindes. Andrea Campher, ramprisiko-bestuurder by Agri SA, sê boere se veiligheid is noodsaaklik en die verbod op die patrollering deur plaaswagte in landelike gebiede skep 'n onveilige situasie. Sy sê Agri SA is nietemin dankbaar vir Engen se samewerking ten opsigte van droogtehulp aan boere. Vir elke liter olie wat deelnemende Engen-ondernemings oor die land heen verkoop sal R1 tot Agri SA se droogtehulpfonds bygedra word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Campher moedig die publiek en boere aan om produkte by Engen te koop en so 'n bydrae te lewer om boere wat onder erge droogtetoestande gebuk gaan te ondersteun. Verkope van Dieselube 700 Super, Agritrac Super Universal en Agrifluid Transmissie-smeermiddels sal tot dié R1-skenking tot Agri SA se Droogtehulpfonds bydra.

Daarmee saam moedig OFM luisteraars aan om betrokke te raak by die onderskeie droogtehulpprojekte, wat ten doel het om landbougemeenskappe te ondersteun. OFM het 'n webblad geskep waarop luisteraars inligting oor die droogtesituasie in die sentrale binneland en in ander provinsies kan verkry en skenkings kan doen. Skakels van organisasies, soos Boere Droogtehulp SA, Agri SA asook Agri Noord-Kaap, is op hierdie OFM-blad beskikbaar. Gaan na ofm.co.za, kliek op die Agri Aid-banier op die tuisblad om toegang te verkry. Vir die jongste nuus volg die hutsmerk #LandbouHoop.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.