On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Boere sukkel met uitvoer van eksotiese voëls

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 02:01 Fri, 22 May 2020

Boere sukkel met uitvoer van eksotiese voëls | News Article

Die netwerk vir familieboerderye, Saai, sê daar is steeds kwessies rondom die Covid-19-inperkingsregulasies asook die interpretasie van die regering se rol in die uitvoering daarvan.


Dit kom nadat  boere wat met eksotiese voëls teel probleme ondervind met die uitvoer van hul diere na die buiteland. Saai se uitvoerende hoof, Francois Rossouw, sê  die kwessie is onder die betrokke departemente se aandag gebring en terugvoer word teen vandag verwag om die mark ten volle te open. Hy sê daar word steeds probleme ondervind in die waardeketting met beamptes wat nie die nodige administratiewe prossesse in dié verband voltooi nie. Nog 'n kwessie rondom die Covid-19-regulasies is die noodsaaklikheid van perde wat oefening moet kry. Saai het egter 'n groot hou in dié verband toegedien. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê daar is 40 000 boere in die land wat met eksotiese voëls boer en nou onder geldelike druk verkeer omdat voëls wat vir uitvoer bestem is, steeds in kwarantyn in hokke is. Dit hou 'n gesondheidsrisiko in en lei tot geldelike verliese omdat beamptes nie die kwarantyn sertifiseer nie.  

Saai het ook duidelikheid verskaf oor die bestaande regulasies ten opsigte van perde wat oefening moet inkry vir hul eie gesondheid. In die bestaande regulasies, word die versorging van diere (animal care) ingesluit. Dit kom neer op die fisiese en geestelike welstand van die dier waarna daar omgesien moet word. Daarom moet perde die nodige oefening inkry, maar die regulasies is nie korrek geïnterpreteer deur owerhede nie. 


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.