On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Senwes stel projek bekend, verskaf mieliemeel aan gemeenskappe

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:48 Tue, 26 May 2020

Senwes stel projek bekend, verskaf mieliemeel aan gemeenskappe  | News Article

Senwes het met trots sy Agri Value Chain Food Umbrella-projek bekend gestel.


Francois Strydom, groep uitvoerende beampte, sê die nood waarin gemeenskappe verkeer weens kostekorte tydens die Covid-19-pandemie is oorweldigend. Daarom wil dié agribesigheid. wat in die voedsel- en vesel waardeketting is, hulp verleen aan gemeenskappe. 

Boere, wat steunpilare is as dit by voedselsekerheid kom, kan vrywillige skenkings van mielies tot dié projek doen, waarna die waarde daarvan omgeskakel word in witmielies. Boere kan enige van hul produkte, hetsy dit vleis of mielies is, beskikbaar stel en selfs geldelike skenkings doen. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Strydom gepraat....


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê Senwes hanteer die produkte wat deur boere voorsien word gratis, dit word gratis na meulenaars in betrokke gemeenskappe vervoer. Dit word gratis gemaal en weer deur Senwes afgehaal om terug vervoer te word na gemeenskappe waaruit die mielieskenkings gekom het. Dié skenings word dan in dieselfde gemeenskap via onder meer sakekamers, plaasskole,  bestaande hulpverleningsprojekte en ander instansies beskikbaar gestel in die vorm van 5kg mieliemeel vir verspreiding in gemeenskape waar die nood druk.  

Hy sê die vlak van armoede in die land is oorweldigend en betrokkenes in die waardeketting moet besef dat dié situasie 'n werklikheid is. Strydom meen Senwes wil nie met die projek spog nie, dit gaan oor die bekendstelling daarvan en om weldoeners betrokke te kry. Die waardeketting in Suid-Afrika is geweldig belangrik en daar moet gepoog word om soveel moontlik produkte plaaslik te produseer. Die hele waardeketting, van die boer tot die verbruiker, moet die druk waaronder gemeenskappe verkeer ten opsigte van voedseltekorte verstaan. Senwes wil daarom 'n helpende hand verleen. 

Besoek Senwes se webtuiste vir meer inligting.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.