On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Die veemark is gesond, meen kenner

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 20:10 Wed, 27 May 2020

Die veemark is gesond, meen kenner | News Article

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, bespreek weekliks op 'n Donderdag die veilingspryse wat op lewende hawe veilings behaal is.


Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Derksen sê die totale mark is in hierdie stadium gesond. Hier is hy ..


Sien onderstaande PODCAST


Derksen sê daar is kwessies wat steeds kommer wek, soos buurwagte en plaaswagte wat nie landelike gebiede kan patroleer nie weens die Covid-19-inperkingsregulasies. Hy meen dit veroorsaak verseker 'n toename in diefstal op plase en in kleiner dorpe en veral veediefstal neem steeds toe. Goeie nuus is egter dat die prys van skape en lammers die afgelope drie weke die hoogte ingeskiet het. Hy sê dit kan wees weens mieliereste wat skape op landerye vreet nadat daar gestroop is. Die totale mark bly gesond en pryse van vee kan nou begin toeneem.

Speenkalwers onder 200kg het teen R31,83 per kg verkoop, speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R30,54 en speenkalwers oor 250kg teen R29,07 per kg verkoop.

 

Ander veilingspryse vir beeste:  

A-klas beeste      - Geen 

B-klas beeste      - R21,52 per kg

C-klas vet koeie  - R20,01 per kg

Maer koeie          - R15,50 na R17,45  per kg

Slagbulle              - R21,31 per kg

Skape: 

Stoorlammers      - R40,00 per kg

Slaglammers        - R35,11 per kg

Stoorskape           - R25,52 per kg

Vetskape              - R27,59 per kg

Bokke

Lammers           - R38,00 per kg

Ooie              - R28,00 per kg 

Dit was Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf, met die jongste nuus in die vleisbedryf. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.


OFM-nuus

 




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.