On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

#Senwes: Suid-Afrikaners gaan beter, sterker uit #Covid19 kom

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Mon, 01 Jun 2020

#Senwes: Suid-Afrikaners gaan beter, sterker uit #Covid19 kom | News Article

Die werklikheid van die Covid-19-pandemie kan oorweldigend wees as daar na té veel geraas daaroor geluister word.


Suid-Afrikaners het 'n ongelooflike vermoë om verandering te hanteer en kan weer deur dié krisistydperk kom. Dit is volgens Francois Strydom, die Senwes-groep se uitvoerende beampte, wat meen Suid-Afrikaners is gewoond aan uitdagings en dit word tydens dié Covid-19-pandemie opnuut bewys. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat oor sy toekomsverwagtinge en onderhandelings wat aan die gang is waarin Senwes vir Suidwes Landbou wil kapitaliseer. 


Sien onderstaande PODCAST

Strydom sê hy het geen twyfel dat Suid-Afrika ook dié krisissituasie rondom die pandemie gaan hanteer nie en sterker daaruit gaan kom. Hulle gaan groter empatie hé vir mense en veral gemeenskappe in landelike gebiede wat interafhanklik van mekaar is. Die mate van voedsel- en veselproduksie het toegeneem en dit is ook 'n bron van hoop sê hy.  

Strydom sê ook onderhandelings is ver gevorderd ten opsigte van 'n transaksie waarin die Agribesigheid, Senwes, 'n aanbod gemaak het aan Suidwes Landbou om dié landbougroepe te kapitaliseer. Dié aanbod is reeds gemaak aan die Suidwes-direksie en dié groep se aandeelhouers moet nou stem daaroor. Suidwes Landbou het verlede Vrydag sy algemene jaarvergadering gehad, volgens Strydom, en die uitslag van dié stemproses sal eers daarna bekend wees. Hy sê daarmee saam sal dié transaksie ook in sy formaat aan regulatoriese owerhede aangebied moet word. Indien dié twee prosesse gunstig is, kan die transaksie eers beklink word. Hy sê daar is hoop dat dit wel spoedig kan geskied indien alles goed verloop.

Senwes se doelwit is om groter doeltreffendheid aan Suidwes, met sy sentrale kantoor in Leeudoringstad in Noordwes, te verskaf. Daarmee saam poog Senwes om aan dié groep se bestaande kliënte die geleentheid te gee om onder normale toestande in Suidwes se bestaande operasionale gebied voort te gaan om van dié groep se dienste gebruik te maak.

Dit was Francois Strydom uitvoerende beampte van Senwes, slegs op die Agri-Uur. OFM-nuus sal spoedig kommentaar van Suidwes Landbou rondom dié proses aanvra.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.