On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Alternatiewe proteïene gewild in Amerika tydens #Covid19

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:22 Tue, 02 Jun 2020

Alternatiewe proteïene gewild in Amerika tydens #Covid19  | News Article

Die tekort aan vleis in Amerika weens inperkingsmaatreëls met betrekking tot die Covid-19-pandemie in dié land het opnuut die fokus op alternatiewe proteienprodukte van plantmateriaal geplaas.


Chris Potgieter, hoof van privaat-kliënte sekuriteite by Old Mutual Wealth, sê dié alternatiewe proteïene, wat plantekstrak en gefermenteerde proteïen insluit, is nie 'n nuwe verskynsel oor die wêreld heen nie. Twee maatskappye, Beyond Meat en Impossible Meats, is al vir jare hard aan die werk ten opsigte van die verfyning en verbetering van alternatiewe proteïene uit plantprodukte. Die verbruik daarvan het in Amerika in dié tydperk toegeneem, maar in Suid-Afrika is dit nog nie so gewild nie.  

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Potgieter gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê in Amerika het 'n tekort aan vleisprodukte, soos beesvleis, varkvleis en selfs hoender, ontstaan weens vleisverwerkers en die hele waardeketting, wat tot stilstand gekom het. Volgens hom was 'n bydraende faktor dat vleis na bewering sensitief tot siektes is en die areas wat die vinnigste daardeur geraak is, was varsprodukte en meer spesifiek vleisprodukte. Dit is waarom fabrieke van groot vleisverwerkers hul deure noodgedwonge moes sluit. Regulasies, maar ook die beskerming van hul eie werkers asook verbruikers wat ongemaklik sou wees in daardie omstandighede om vars vleisprodukte te bekom, het ook daartoe gelei, meen hy. 

Potgieter sê dié nuwe alternatiewe proteïenprodukte wat nou beskikbaar is teenoor vorige soja-alternatiewe tot proteïene, is in terme van smaak, tekstuur, die vorm en prys van dié bestaande produkte op 'n gevorderde ander vlak. Dit gebeur nou dat die bemarking rondom dié alernatiewe proteïene, met die tekort aan vleisproteïene, in Amerika 'n hupstoot tydens die uitbreking van die koronavirus gekry het. Verskaffers van dié produkte is ook nie geraak in terme van die beskikbaarheid daarvan nie. 

Hy sê van die alternatiewe proteienprodukte is in Suid-Afrika beskikbaar, maar nie  in 'n groot verskeidenheid nie en dit is plaaslik duurder as diereproteïene.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.