On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

VS-graanboer saai koring vanuit vliegtuig weens nat toestande

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:27 Wed, 03 Jun 2020

VS-graanboer saai koring vanuit vliegtuig weens nat toestande | News Article

Die stroopproses van hoofsaaklik mielies in die Wesselsbron-gebied in die Vrystaat, wat een van die sentrale binneland se grootste mielieproduserende distrikte is, is nog nie volstoom aan die gang nie.

 

Dit is weens nat toestande. Aser Nel, 'n boer van dié distrik, sê dit was 'n goeie seisoen ten opsigte van sy mielie-aanplantings. Hy kon binne die optimum-plantvenster aanplantings doen weens goeie reën ná droogtetoestande die vorige seisoen.

Daar is groot dankbaarheid vir dié bogemiddelde reën al het dit by tye té veel gereën. 

Oordragvog het toe veroorsaak dat enkele gedeeltes van sy landerye versuip het. Nel sê hy stroop al plek-plek die afgelope twee weke, maar hoop dat dit nou ten volle op dreef gaan kom. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê van sy mielies se voginhoud is te hoog, maar hy is positief dat met verlede week se ryp, die mielies gaan afdroog en dan gaan daar in dié gebied volstoom met die stroopproses begin word. 

Nel het ook koring aangeplant op 'n gedeelte van sy landerye wat té nat was om met trekkers toegang te verkry. Hy het die eerste keer op sy plaas koring uit 'n vliegtuig gesaai. Dit is gedoen deur dieselfde vliegtuie wat chemiese spuitwerk op mielielanderye doen wat hy ingespan het om koring te saai. Koringsaad word in die vliegtuig se bak geplaas, en daar word dan oor die landerye gevlieg, terwyl die koring in bane gestrooi word. 

Hy sê die koringsaad val op die grond, maar nie diep genoeg nie, daarom is reën kort na dié proses broodnodig, sodat die koringsaad kan ontkiem. Nel sê hy was gelukkig dat dit kort na dié aanplantings wel gereën het en sy koringaanplantings het ontkiem. Daar lê egter nog 'n lang pad voor ten opsigte van dié koringoes met talle eksterne faktore wat 'n invloed op die oes kan hê. Nel is egter hoopvol dat hy, soos met sy mielie-oes, ook 'n goeie koringoes gaan hê, al het daar enkele versuipings plaasgevind van mielies wat op sy landerye aangeplant is.  


OFM-nuus





Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.