On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   07:56 Thu, 04 Jun 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag is deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister meestal sywaarts verhandel en het nie veel beweging vir die dag getoon nie, ondanks van die verslae wat hoër etanolproduksie aangetoon het.

Die weeklikse etanolproduksie in Amerika is ongeveer 5.7% hoër as die vorige week se produksie, terwyl die vraag na etanol ongeveer 43% meer is as die vroeë stadium van die Covid-19 pandemie in Amerika.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is van wit- en geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R28/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 366/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R26/ton laer verhandel om teen R2 487/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister die sterker lopie voortgesit, met die hoër Brasiliaanse prys en die swakker dollar wat Amerikaanse sojabone meer aantreklik gemaak het vir Chinese kopers.

Die Amerikaanse Departement van Landbou het sojaboon-uitvoerverkope van ongeveer 185 000 ton aangemeld. Die bestemming wat die aankope gedoen het, is tans onbekend.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R50/ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 482/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.

In die Oekraïne is die produksieverwagtinge vir die seisoen nie te gunstig nie en die uitvoere vir die seisoen behoort ook laer te wees as wat aanvanklik verwag is.

Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2020, R60/ton laer verhandel om teen R5 227/ton te sluit.

 

OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.