On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Mark vir lewende hawe toon stygings, lammers behaal goeie prys

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:07 Thu, 04 Jun 2020

 Mark vir lewende hawe toon stygings, lammers behaal goeie prys | News Article
FOTO: dormer.co.za

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, bespreek weekliks op 'n Donderdag die veilingspryse wat op lewende hawe veilings behaal is.


Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen ...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê dit is verblydend dat die mark 'n stygende tendens toon. Die situasie rondom die prys van lewende hawe is stelselmatig in die proses om na normaal terug te keer. Dít ondanks die feit dat die prys vir diere op veilings dié tyd van die jaar gewoonlik die goedkoopste prys behaal. Derksen meen dit sal baie goed wees as die mark hiervandaan nog meer kan styg. Wat egter van groot belang is, is die prys van lammers wat vinnig toegeneem het. 

Speenkalwers onder 200kg het teen R31,91 per kg verkoop, speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R30,41 en speenkalwers oor 250kg teen R28,70 per kg verkoop.

 

Ander veilingspryse vir beeste:  

A-klas beeste     - Geen 

B-klas beeste     - R21,81 per kg

C-klas vet koeie  - R20,11 per kg

Maer koeie         - Wissel van R15,00 na R17,80 per kg

Slagbulle             - R21,22 per kg

Skape: 

Stoorlammers      - R43,13 per kg

Slaglammers        - R38,41 per kg

Stoorskape           - R26,00 per kg

Vetskape               - R27,00 per kg

Bokke

Lammers              - R37,15 per kg

Ooie                      - R27,88 per kg

Dit was Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf, met die jongste nuus in die vleisbedryf. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.