On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Nasionale wolveiling het nie vandeesweek plaasgevind

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Fri, 05 Jun 2020

 Nasionale wolveiling het nie vandeesweek plaasgevind | News Article

Daar is vanoggend nie 'n wolmarkverslag oor die weeklikse nasionale wolveiling in Port Elizabeth in die Oos-Kaap nie.


Dié verslag word weekliks deur Cape Wools SA aan OFM-nuus verskaf. Daar het egter vandeesweek nie 'n veiling plaasgevind nie. OFM-nuus sal meer hieroor uitbrei in sy landbounuusbulletins vandag om 11:00 en om 13:30. In verlede week se verslag oor die 27ste veiling van die 2019/20-wolseisoen, was daar 'n aanbod van 7 709 bale. Cape Wools SA het toe aangedui altesaam 77,7% daarvan is verkoop. Die mark het met 3,1%, of 466 punte verswak teen 'n waarde van R145,03 per kg. 

Om weer na hierdie nuusinsetsels te luister gaan na http://www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en The Agri-Hour.  Kliek op News vir jou jongste nuus in die landboubedryf wat weeksdae in OFM se landbounuusbulletins om 11:00 en 13:30 aan jou gebring word. 

Bel Christal-Lize Muller met jou landbounuus by 082-851-8254 of stuur vir haar 'n e-pos na news@ofm.co.za.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.