On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 22:44 Thu, 18 Jun 2020

 Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag, praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher.


Sien onderstaande PODCAST


Hy praat oor volhoubare kosproduksie wat steeds 'n sterk strategiese dryfveer is. Laubscher meen dit sal verkeerd wees as die Covid-19 pandemie soveel aandag geniet dat daar vergeet word van die veelvuldige ander uitdagings wat die mensdom in die gesig staar. Een daarvan is die feit dat die wêreld nie in staat gaan bly om voldoende kos te produseer vir groeiende bevolkings nie. Planne om hierdie uitdaging die hoof te bied word telkens ontwrig deur groeiende probleme, waaronder aardverwarming seker die belangrikste uitdaging bied. Kroniese hongersnood en voedselonsekerheid bly endemies en dit word nou uitgelig weens teen-pandemie maatreëls.

In ‘n soeke na moontlikhede om voedselsekuriteit ná die Covid-19-pandemie weer op koers te kry gaan die klem op landbou se aanpasbaarheid val. 

Skadelike kweekhuisgasse weens kosproduksie van dierlike oorsprong is hoog op die lys en daar word reeds geraam dat Amerika  teen 2030 vir tot 70% van vleisverbuik van sogenaamde moderne produksiemetodes afkomstig sal wees. Na raming sal slegs 40% van globale vleisverbruik van konvensionele vleisoorsprong wees, sê hy. 

Die produksiemetodes sluit nie beeste in nie. Sogenaamde fermentasieplase sal die leweransiers word met werksgeleenthede vir onder meer ingenieurs en ontwerpers, wat opgelei is om plaasvervangers van rooivleis te ontwikkel en te produseer.

In Amerika maak plaasvervangende vleis van plantaardige oorsprong, slegs 0.2% uit van die totale produksie, maar wat veral belangrik is, is die eksponensiële groei van die plantaardige plaasvervangers.

Hoofsaaklik twee soorte plaasvervangers is van belang. Dit is  vegan “vleis” van plantaardige oorsprong en die sogenaamde “in-vitro” of selgebaseerde vleis. 

Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, slegs op die Agri-Uur. Om weer na dié insetsels te luister gaan na http://www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en die Agri-Hour. Skakel ook weeksdae in om 11:00 en 13:30 vir jou landbounuusbulletins, slegs op OFM. 


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.