On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Wildswinkel: GWK Veewinkel-toep was regte besluit

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:15 Mon, 22 Jun 2020

Wildswinkel: GWK Veewinkel-toep was regte besluit | News Article

Dit was al vir 'n geruime tyd in Wildswinkel, die gevestigde aanlynplatform vir wildsveilings, se visier om die veebedryf te betree.


Daarom het dié voorloper in die wildsbedryf ten opsigte van veilings, nie geskroom om met GWK Veilings saam te span nie. Hulle het 'n nuwe toep vir aanlynveilings van lewende hawe asook eiendom gevestig. Die oud-Springbokrugbyspeler, Victor Matfield, wat die hoof uitvoerende beampte van Wildswinkel is, sê hulle het die afgelope drie jaar gefokus op tegnologiese ontwikkeling  en het in dié tydperk 'n  verbruikersvriendelike aanlynplatform in plek gestel. Hy sê die samewerkingsooreenkoms met GWK Veilings om die nuwe GWK Veewinkel-toep bekend te stel is 'n wen-wen situasie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Matfield gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Matfield sê die GWK Veewinkel-toep is reeds in werking en twee groot aanlynveilings van die Drakensberger-telersgenootskap word vandeesweek aanlyn aangebied. Hy sê GWK Veilings is die geskikte maatskappy gewees om 'n vennootskap te vorm omdat hulle 'n gevestigde begrip het van veeveilings en die nodige ondervinding het. GWK Veilings het ook dieselfde waardes as Wildswinkel. Hy sê Wildswinkel het die afgelope drie jaar 'n aanlynplatform vir stilveilings in plek gestel. Dit kom nadat Wildswinkel vyf jaar gelede begin het met veilings in die wildbedryf. Veilings is aanvanklik direk op die tradisionele wyse aangebied.  Matfield sê hulle het toe 80% van die omset in die wildveilingsbedryf behaal. Daarna het hulle 'n aanlynplatform vir stilveilings, oftewel timed auctions,  in plek gestel. 

Volgens Matfield het Wildswinkel oor die nodige tegnologie beskik, terwyl GWK veilings oor die nodige ondervinding in die veebedryf met betrekking tot veilings beskik. 

Die Veewinkel-toep bestaan uit twee aanlyn platforms: Die stilveiling-formaat, asook die ervaring aanlyn van 'n regstreekse veiling, waar kopers en verkopers kan inskakel by 'n veiling wat plaasvind. 


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.