On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Aanlynveilings logiese wyse vir speenkalwerverkope

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:39 Thu, 25 Jun 2020

Aanlynveilings logiese wyse vir speenkalwerverkope | News Article
FOTO: Rooivleisprodusente-organisasie in die Vrystaat

Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf, sê hy het vir Russell Laubscher, wat die voorsitter van die Johannesburgse Effektebeurs (JE) was, gevra wat die geheim is van 'n suksesvolle mark.


Dit is nadat aanlynveilingsplatforms nou in gewildheid toeneem. Derksen sê hy het Laubscher se mening gevra want die beurs is in 'n mate 'n veiling van aandele. Hier is Derksen... 


Sien onderstaande PODCAST


Derksen wou weet waarom die Johannesburgse Effektebeurs verskeie eerbewyse as die beste in die wêreld ontvang het.

Hy sê Laubscher het op sy vraag geantwoord 'n suksesvolle veiling is op drie steunpilare geskoei. Dit sluit in 'n goed deursigte mark. Kopers en verkopers moet dieselfde inligting hê oor tendense van pryse en gehalte variasies.

Die verkoper moet ook sy prys ontvang en die koste van verkope moet binne perke wees.  

Derksen sê dit is jammer dat dié metode van verkope nie al jare gelede posgevat het nie. Dit is tog die logiese wyse om speenkalwers tot almal se voordeel te verkoop.

'n Uitdaging is egter die beskrywing van die  gehalte van die diere en vertroue. sodat die koper presies ontvang wat hy dink hy koop.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.