On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Veemark verbeter steeds met goeie pryse

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:42 Thu, 25 Jun 2020

Veemark verbeter steeds met goeie pryse | News Article
FOTO: Rooivleisprodusente-organisasie in die Noord-Kaap

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingpryse vir lewende hawe.


Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is hy ...


Sien onderstaande PODCAST


Derksen verskaf die verslag van veilings wat Dinsdag plaasgevind het. Hy sê die mark het verbeter en daar was 'n toename in die prys in die meeste klasse diere wat opgeveil is. Dit moet ook in ag geneem word dat die prys van speenkalwers in Augustus en September 'n piek bereik wanneer voerkrale aankope vir die Desember-mark doen. Derksen sê hopelik sal dié prys nou steeds styg. 

Speenkalwers onder 200kg het teen R33,01 per kg verkoop, speenkalwers tussen 200kg en 250kg teen R32,87 en speenkalwers oor 250kg het teen R30,84 per kg verkoop.

 

Ander veilingspryse vir beeste:  

A-klas beeste     - Geen 

B-klas beeste     - R21,25 per kg

C-klas vet koeie  - R19,33 per kg

Slagbulle             - R21,60

Skape

Stoorlammers      - R48,25 per kg

Slaglammers        - R38,20 per kg

Stoorskape           - R27,50 per kg

Vetskape               - R28,03 per kg

Bokke

Lammers              - R36,30 per kg

Ooie                      - R28,00 per kg

 

Dit was Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf, met die jongste nuus in die vleisbedryf. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.