On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Boere fynkam gebied ná Petrusburg-plaasaanval

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Tue, 30 Jun 2020

Boere fynkam gebied ná Petrusburg-plaasaanval | News Article

Boere van die Petrusburg-distrik het nie op hulle laat wag om Janetta du Toit, en haar seun, Wimpie, te hulp te snel nadat hulle die naweek aangerand, vasgebind en beroof is nie.


Kempen Nel, veiligheidsverteenwoordiger vir streek 18 en 19 en streeksverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL), sê die veiligheidsplan is in werking gestel. Die polisie het ook vinnig gereageer. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Nel gepraat.... 


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê die Petrusburg-landbouvereniging se voorsitter, Gert Labuschagne, het hom na die toneel gehaas. 'n Groep boere het ook vinnig daar opgedaag. 

Daar was boere wat hommeltuie gebruik het om die aanvallers, wat vermoedelik te voet op die vlug geslaan het, te soek. Nagsigtoerusting is ook gebruik. Hy sê Janetta se seun en Wimpie se broer, Frans du Toit, bly nie ver van dié plaas nie en hy was vinnig daar en het die nodige maatreëls in plek gestel. Die soektog na die aanvallers, wat tydens die aanval klapmusse aangehad het, het tot na middernag geduur. Daar is vroeg die volgende oggend weer voortgegaan met die soektog. 

Nel sê dit is 'n rowwe terrein waar die soektog plaasgevind het. Daar is erosieslote en 'n klipkoppie, wat dit vermoedelik makliker gemaak het vir die aanvallers om weg te kom. 

Die hele soektog is egter goed hanteer, en selfs spoornsyers se hulp is ingeroep en polisiehonde is gebruik. Hy loof ook die polisie se reaksie. 

Nel sê daar is 'n gedeelte van dié streek wat aan Lesotho grens, waar boere en hul gesinne en plaaswerkers meer blootgestel is aan misdaad. Die gebied sluit in  Petrusburg, Paardekraal, Jacobsdal, Luckhoff, Rietrivier, Koffiefontein en 'n gedeelte van die Oppermansgronde.

Nel sê hy het reeds gevra dat 'n ondersoek gedoen moet word oor dié toename in aanvalle oor die land heen. Daar moet vasgestel word of daar 'n korrellasie is tussen die vrylating van gevonniste misdadigers op parool in sekere kategorieë om die verspreiding van die Covid-19-pandemie in gevangenisse te verhoed, en die toename in aanvalle op plase en kleinhoewes oor die land heen. 


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.