On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Plaasaanval-slagoffers 'gaan nie geïntimideer word nie'

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Tue, 30 Jun 2020

Plaasaanval-slagoffers 'gaan nie geïntimideer word nie' | News Article

'n Ma en haar seun van die Petrusburg-gebied in die Vrystaat se gemoedstoestand is onder omstandighede goed.


Dit kom nadat die 82-jarige Janetta du Toit en haar 54-jarige seun Wimpie, Vrydagaand vermoedelik deur drie mans op die plaas Lovedale aangeval is. Janetta se gesig is erg gekneus, terwyl Wimpie met ysterstawe oor die kop geslaan is. Frans du Toit, Janetta se seun, sê sy broer Wimpie is deur die aanvallers verniel.  Frans was vinnig op die toneel omdat hy naby dié plaas bly. Hy vermoed die motief van die aanval is om hulle te intimideer om die plaas te verlaat. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het Maandagoggend met hom gepraat....


Sien onderstaande PODCAST


Frans sê sy ma word nog in die Mediclinic-hospitaal in Bloemfontein behandel, terwyl sy broer Wimpie uit die hospitaal ontslaan is. Dit gaan onder omstandighede goed met Janetta, en daar word goed na haar in die hospitaal omgesien. Frans sê sy het die trauma sover goed hanteer. Wimpie aan die ander kant hanteer dit moeiliker. Hy is intussen uit die hospitaal ontslaan en sterk by sy ander broer Louw en dié se vrou, Alta, aan. Volgens Frans was Wimpie se gemoedstoestand Maandagoggend ietwat beter. 

Frans is vol lof vir die gemeenskap, boere en die betrokke veiligheidstrukture, lede van AfriForum, sy vrou en dogters vir die morele ondersteuning.

Hy sê die situasie kon baie slegter uitgedraai het en 'n mens is dankbaar. Frans sê mense met 'n agenda gaan die familie nie onderkry nie. Hulle sal nie van die plaas verdryf word nie. 

Frans sê dit wil voorkom of hulle sy ma wou versmoor, haar gesig is erg gekneus en haar neus is gebreek. Wimpie moes steke kry nadat hy met staalstawe oor die kop geslaan is. Frans meen sy broer het in die spens geval en sy kop teen 'n staalkrat beseer. Daar was bloed gewees en hy dink dit is waar die aanvallers vir Wimpie in bedwang gebring en vasgebind het. 

Die aanvallers het die huis nie deurmekaar gekrap nie, hulle het die kluise oopgemaak en 'n rewolwer geneem. Frans sê sy broer en ma se waardevolle items is nie gebuit nie. 

Nadat die aanvallers waarskynlik te voet op die vlug geslaan het, kon Wimpie sy vasgebinde voete loswikkel en 'n mes in die kombuis kry. Janetta het sy hande toe losgekry, waarna hy haar ook losgemaak het.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.