On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

'Boere se veiligheid belangrik, polisie kan meer doen'

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Wed, 01 Jul 2020

'Boere se veiligheid belangrik, polisie kan meer doen' | News Article

Boere kan nie meer alleenlik op die polisie staatmaak vir hul veiligheid op plase nie.


Dit is volgens Bernard Maree, voorsitter van die Tweespruit-streekslandbouvereniging in die Vrystaat, nadat 'n bejaarde boer, John Parr, sy vrou, hul skoonseun en twee kleinkinders op hul plaas in Kommissiepoort in die Tweespruit-distrik deur vyf mans aangeval is. Twee van die aanvallers is noodlottig gewond. Maree sê Vrystaatse boere langs die Lesotho-grens word veral nou meer aan aanvalle en diefstal van vee, werktuie, gewasse en koper op hul plase blootgestel. Dit was veral die afgelope maande die geval te midde van die Covid-19 pandemie. OFM-nuus se Christal-lize Muller het met hom gerpaat....


Sien onderstaande PODCAST


Hy meen in terme van veediefstal is veeregisters noodsaaklik, terwyl diere ook gebrandmerk moet word. Vee moet meer gereeld getel word en nie meer slegs een keer per dag nie. 

Maree sê gemeenskappe moet, wanneer hulle rondry, hul oë oophou vir enige verdagte mense of voertuie. Dit moet ook aan mede-boere en selfs die polisie gekommunikeer word.   

Daarmee saam doen VL ook 'n ernstige beroep op boere, wat oor vuurwapens vir selfverdedigingsdoeleindes beskik, om hul gereedheidsvlakke op te skerp sodat hulle in gevalle van nood hulself en hul gesinne kan beskerm.

Dit was Bernard Mare, voorsitter van die Tweespruit-streekslandbouvereniging in die Vrystaat. 


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.